Gereelde Vrae (FAQ)

Hier vind jy antwoorde op die algemeenste vrae oor die Vlam Webwerf en ons Android-toepassing.

Wat is Vlam?
Vlam is ’n Afrikaanse dating platform wat mense bymekaar bring wat opregte verhoudings, vriendskappe en betekenisvolle konneksies soek.
Hoe werk Vlam?
1. Skep jou profiel.
2. Laai jou foto’s op.
3. Blaai deur ander profiele.
4. “Like” mense wat jou interesseer.
5. Wanneer julle mekaar albei “like”, vorm daar ’n match en kan julle begin gesels.
Is Vlam gratis?
Ja. Jy kan gratis:
* ’n profiel skep.
* Deur profiele blaai.
* Likes stuur.
* Gesels met mense waarmee jy gematch het.
Hoekom is daar ’n Premium opsie?
Premium help om die platform te onderhou en voortdurend te verbeter. Dit gee ook toegang tot ekstra funksies wat nie deel van die gratis weergawe is nie.
Wat kry ek met Premium?
Premium gee toegang tot addisionele funksies soos om te sien wie jou gevonk het, onbeperkte aksies, ekstra Super Vonke, Hupstote, en privaat boodskappe vanaf die Kuierstoep.
Hoe kanselleer ek my Premium subskripsie?
Kanselleer jou subskripsie deur die winkel waar jy ingeteken het.

Android: Maak Google Play oop, gaan na jou profiel, kies Betalings en subskripsies, kies Subskripsies, kies Vlam, en tik Kanselleer subskripsie.

iPhone: Maak Settings oop, tik op jou naam, kies Subscriptions, kies Vlam, en tik Cancel Subscription.

Webwerf / PayFast: As jy Premium deur die Vlam-webwerf betaal het, kontak ons by hulp@vindjouvlam.co.za sodat ons jou kan help om dit te bestuur of te kanselleer.

Om die app van jou foon af te vee kanselleer nie jou subskripsie nie. Jy moet dit in Google Play, Apple Subscriptions, of deur Vlam ondersteuning kanselleer as jy op die webwerf betaal het.

As jy onseker is waar jy ingeteken het, stuur vir ons jou rekening-e-posadres en ons help jou om die regte kansellasiepad te vind.
Kan ek Premium nog gebruik nadat ek kanselleer?
Ja. As jy kanselleer, bly Premium gewoonlik aktief tot die einde van die tydperk waarvoor jy reeds betaal het. Daarna sal jou rekening terugval na die gratis weergawe.
Hoekom moet ek betaal om te sien wie van my hou?
Die gratis weergawe laat jou steeds toe om mense te ontmoet, te match en te gesels. Premium bied ekstra gerief en funksies, terwyl dit ook help om Vlam se ontwikkeling en instandhouding te ondersteun.
Hoe kry ek ’n match?
’n Match gebeur wanneer twee gebruikers mekaar albei “like”. Eers daarna kan julle met mekaar gesels.
Kan ek met iemand gesels sonder ’n match?
In gewone Vlam Boodskappe kan jy eers gesels nadat julle albei mekaar gevonk het en daar ’n match is. Premium gebruikers kan ook ’n privaat boodskap vanaf ’n Kuierstoep-profiel begin, mits jou profiel sigbaar is en die persoon by jou basiese voorkeure pas.
Hoekom kan ek nie ’n privaat boodskap uit Kuier stuur nie?
Privaat boodskappe uit Kuier is ’n Premium funksie. Dit kan ook geblokkeer word as jou profiel versteek is, as die persoon buite jou ouderdom-, afstand- of geslagsvoorkeure val, of as een van julle die ander geblokkeer het.
Hoe werk blokkeer en ontkoppel?
Ontkoppel verwyder die gesprek en match tussen julle. Blok keer verdere kontak van daardie profiel af. As iemand jou ongemaklik laat voel, gebruik Blok of Rapporteer sodat die Vlam-span dit kan ondersoek.
Is my persoonlike inligting veilig?
Ja. Vlam streef daarna om ’n veilige en vriendelike platform te wees waar gebruikers met vertroue nuwe mense kan ontmoet.
Kan ek my profiel verander?
Ja. Jy kan jou profiel en foto’s opdateer wanneer nodig.
Wat doen ek as iemand onvanpas optree?
Gebruik die rapporteer- of blokkeerfunksie. Die Vlam-span neem gebruikers se veiligheid ernstig op en ondersoek alle klagtes.
Hoe kry ek meer matches?
* Gebruik duidelike, onlangse foto’s.
* Vul jou profiel volledig in.
* Wees vriendelik en eerlik.
* Bly aktief op die platform.
Is Vlam net vir romantiese verhoudings?
Die meeste gebruikers soek romantiese verhoudings, maar sommige is ook oop vir nuwe vriendskappe en opregte konneksies.
Hoe kontak ek ondersteuning?
Indien jy hulp nodig het of vrae het, kontak die Vlam-ondersteuningspan deur die beskikbare ondersteuningsopsie in die toepassing, of per e-pos.
Werk my rekening op sowel die webwerf as die Android-app?
Ja! Jou Vlam-rekening is universeel. Enige opstellings, foto's, bio-inligting, stem-intros, vonke (likes), en vlamme (geselsies) word intyds gesinchroniseer. Jy kan naadloos wissel tussen jou foon en jou rekenaar.
Wat is die Stem-Intro (Voice Intro)?
Die Stem-Intro is ons gewildste kenmerk! Dit laat jou toe om 'n kort klankgreep (maksimum 15 sekondes) op te neem waar jy jouself voorstel. Gebruikers kan na jou stem luister terwyl hulle jou profiel bekyk. Statistieke wys dat profiele met 'n stem-intro op tot 8x meer reaksies kry!
Hoe vee ek my rekening permanent uit?
Jy kan jou rekening te eniger tyd permanent uitvee deur na jou Profiel-skerm te gaan en op "Vee Rekening Uit" te klik. Dit sal al jou profieldata, kletse, foto's en vonke permanent en onherroeplik van ons databasis verwyder.